|
Die bejaardes word weer onthaal met 'n spesiale program en sal gratis toegang verkry vir Donderdag oggend. Die skoolkinders in skooluniform, vergesel van 'n onderwyser, sal ook gratis toegang vir Dongderdagoggend verkry. Van die hoofkunstenaars wat gaan optree is Jeffrey de Bruyn, Rian Ungerer, Rudi en Corlea en dan Gerhard Steyn. Bok van Blerk, Nadine, Pieter Naude, Die Campbells, Sangoma en Basjan is van die ander kunstenaars.
Thabo Pitse tree op as seremoniemeester en Gerhard Steyn as hoofkunstenaar tydens krooning geleentheid donderdag aand. Daarna kan almal lekker gaan sokkie by Piet Plagiaat.
Vrydag se hoogtepunte Jeffrey de Bruyn, Basjan en Bok van Blerk.
By die Lions tent word daar werklik lekker gekuier na die verrigtinge klaar is op die hoofarena met, Warren Elliott, Pieter Naude en Basjan. Saterdag is dit die beurt van Sangoma ( Tokyo Groove ), Nadine, Die Campbells en Mackenzie Blue.
Daar sal elke dag van die skou weer lekker gekuier word by die verskillende eetstalletjies en natuurlik sal daar ook genoeg te drinke wees vir die wat dors gaan raak van al die saamsing.
Die motorhandelaars sal ook weer teenwoordig wees met hulle uitstalling en almal word uitgenooi om die gedeelte ook goed te ondersteun. Die Nasionale Weermag en SAPD sal ook betrokke wees en help dat die skou 'n veilige terrein gedurende skoutyd sal wees. Daar sal ook baie goeie sekuriteit teenwoordig wees.
|